Description
Die program is soortgelyk aan wat verwag by ‘n skool van ‘n kind van die ouderdom, dus is daar geen werkkaarte vir die ouderdom nie. Kinders leer deur speel en dit is hoe die program ook aanmekaar gesit is. Ons oefen ‘prewriting’ en ‘prereading’ vaardighede in plaas van letter skryf ens. voordat dit ouderdoms van pas is. Die program is in beide Afrikaans en Engels beskikbaar.
Die program sluit die volgende in:
- ‘n Nuwe tema elke week.
- Nommer, kleur en vorm elke week.
- Bybelstorie.
- Fyn motoriese oefeninge.
- Groot motoriese oefeninge en speletjies.
- Gim bal oefeninge
- Rympies en liedjies
- Kognitiewe ontwikkeling.
- Kuns
- Sensoriese spel
- Bak en brou
Hoe werk dit? Elke week sal die nuwe tema en werk met epos gestuur work. Ons gebruik so ver moontlik items wat in die huis beskikbaar is. Waar ons wel ander items gebruik wat gekoop kan word, probeer ons ook ‘n alternatief gee van goed wat in die huis gebruik kan word.
Items wat gereeld gebruik word sluit in:
- Deeg / klei
- Kryte / potlode/ olie pastelle om mee te teken en in te kleur. (Enige van hierdie kan gebruik word)
- Verf en verfkwas
- Papier
- Papier borde
- Ons gebruik ook bladsye wat uitgedruk word.
‘n Paar van die temas wat ons gaan verken:
- Wilde diere
- Teenoorgesteldes
- Seisoene
- Reptiele
- My ligaam
- Emosies
- See lewe
- Beroepe
- Die plaas
- Veiligheod
- Ek is spesiaal
- Weer
- Musiek
- Hibernasie
Die produk kos R200 per maand wat 4 weke se lesse dek. Daar is die opsie om in te teken vir 3 of 6 maande met afslag. DIe eerste les word van die webtuise afgelaai. Sodra betaling ontvang word, is dit beskikbaar. Daarna sal ‘n nuwe les weekliks per epos uitgestuur word.